Vrywaring

Beperking van Aanspreeklikheid

Die inligting wat op hierdie webwerf beskikbaar gestel word, is uitsluitlik bedoel vir algemene informasiedoeleindes. Alhoewel Letter Liefde en sy skepper, Christel Brooks, alle redelike pogings aangewend het om die inhoud akkuraat en betroubaar te maak, gee Letter Liefde geen waarborge, voorwaardes of verpligtinge, hetsy uitdruklik of implisiet, oor die volledigheid, akkuraatheid, geskiktheid of veiligheid van die inligting nie. Enige vertroue wat in hierdie inligting gestel word, is slegs op u eie risiko.

Hierdie Digterstuin gedeelte op die webwerf dien as ’n digitale tuin vol inspirasie en poësie, gebring deur Christel Brooks van Letter Liefde, as ’n kreatiewe projek om digters en skrywers erkenning te gee vir hul werk. Die konsep van die digterstuin word aan organisasies en letterkunde feeste deur Letter Liefde beskikbaar gestel, sodat die viering van letterkunde en Afrikaans deel mag vorm van die feesvieringe.

Sover moontlik het Letter Liefde toestemming versoek vir die gebruik van inhoud wat oor en van digters beskikbaar is. Letter Liefde erken die werk van instansies, trusts, organisasies, digters en skrywers as hul eie, en bring hulde aan beide die digters wat reeds gesterf het en die digters en skrywers wat nog leef. Alhoewel ander organisasies reeds digtertuine geskep het, gee Letter Liefde aan hulle die nodige erkenning, en is terselfdertyd trots om ons eie digitale weergawe van ’n digterstuin geskep te hê, ter viering van digters, skrywers en letterkunde. Hierdie projek is ontwerp om by instansies en feeste erkenning te gee aan die uitblinkende bydraes van digters en skrywers tot die wêreld van letterkunde.

Hierbenewens kan hierdie webwerf skakels na derdeparty-webwerwe bevat. Letter Liefde het geen beheer oor die inhoud, beskikbaarheid of akkuraatheid van hierdie eksterne webwerwe nie, en die insluiting van enige sulke skakels impliseer nie noodwendig ’n aanbeveling of goedkeuring van die inhoud daarin nie. Letter Liefde aanvaard geen aanspreeklikheid vir enige direkte of indirekte skade, verliese of probleme wat mag ontstaan as gevolg van die gebruik van hierdie webwerf of die inligting daarin nie.

Skrywers/ Digters Kopiereg en Verwydering van Inhoud

Alhoewel Letter Liefde alle moontlike poging gewend het om toestemming te kry vir digters se inhoud en kunswerk, was hierdie nie altyd moontlik nie en moes Letter Liefde gebruik van informasie wat op die publieke internet beskikbaar is. Ons beaam wel dat hierdie inhoud aan hul afsonderlike skrywers behoort, waar hul nog lewend is en/of hul afsonderlike trusts, organisasies of naasbestaandes. 

Indien enige een ‘n Verwydering van Inhoud Versoek (“request for removal of content”) wil insit, kan ‘n e-pos gestuur word aan [email protected].

Feeste en Organisasies se beheer en eienaarskap van inhoud op die Letter Liefde webwerf: 

Neem asb kennis dat feeste of organisasies wat Letter Liefde mee in vennootskap is vir projekte; nie die webwerf of enige van die inhoud besit nie behalwe die digitale advertensies wat aan Letter Liefde beskikbaar gestel word vir projekte. Hierdie organisasies het ook geen beheer oor die inhoud op Letter Liefde nie en alle kommunikasie moet direk aan [email protected] gerig word

Gebruik van hierdie webwerf is slegs op u eie risiko, en Letter Liefde raai u aan om u eie verifikasie van die inhoud te doen voordat u daarop vertrou.

Scroll to Top