Sale!
,

Koningsprotea

Original price was: R450.00.Current price is: R350.00.

Categories: ,

Christel Jordaan is ‘n jong skrywer wie se liefde vir poësie so diep en vol kleur is as die bloei van ‘n protea. Sy het die krag van woorde ontdek en vorm gegee aan gedigte wat klem lê op hoop, die estetika van blomme, en die metaforiese en letterlike reise van mense. Net soos die Koningsprotea weer groei na veldbrande, glo sy dat die mens wéér kan blom na ‘n seisoen in die vuur.

Met haar digkuns, bied sy ‘n nuwe perspektief op die alledaagse en die buitengewone. Haar poësie dien as ‘n herinnering dat die eenvoudige en onopgemerkte aspekte van die lewe- van ‘n enkele blom tot die verre horison-die potensiaal het om ‘n dieper waarheid of betekenis te onthul.

“Die oggendson dans in die vlamme van haar verruklike skoonheid, gee vir die suikervoël ‘n suikersoet soen. Kelkvormig is haar troon, haar kleed roomkleurig met meeldrade aanmekaar geweef. Heuningpot, Suikerbos, Koningsprotea, dra met trots haar fluweelrooi kroon!”

Scroll to Top