Voordat ons kan begin bou, moet ons eers die fondasie verstaan. By Letter Liefde glo ons nie aan raaiwerk nie. 'n Deeglike assessering is die belangrikste eerste stap om presies vas te stel waar 'n leerder se uitdagings lê, maar ook om hul unieke sterkpunte te identifiseer. Sonder hierdie evaluering mors ons kosbare tyd op konsepte wat die leerder dalk reeds ken. Ons assessering gee vir ons 'n wetenskaplike blik op hoe die brein taal verwerk.