Ons rus leerders toe met vaardighede wat 'n leeftyd hou.
Ons verruil raaiwerk vir bewese tegnieke. Met deernis en ‘n professionele aanslag help ons leerders om die logika agter elke woord te verstaan – sodat hulle die vaardighede bou om uiteindelik met selfvertroue te lees, praat en skryf.
Gespesialiseerde, een-tot-een intervensie om spesifieke leeshindernisse te oorkom.
Gestruktureerde, bewysgebaseerde groepklasse vir leerders met soortgelyke leesdoelwitte.
Doelgerigte afrigting om met selfvertroue, tegniese akkuraatheid en oortuiging te praat.
Opgeleide voorleser en skryfhulp om leerders met goedgekeurde leerhindernisse tydens toetse en eksamens te ondersteun.
Oorspronklike, pasgemaakte toesprake en praatjies wat spesifiek vir die spreker en die vereistes van die kompetisie geskryf word.
Persoonlike, een-tot-een leiding vir jou spesifieke skryfprojekte of poësieportefeuljes.
Gestruktureerde evaluering van klankbegrip, dekodering
en leesvlotheid om spesifieke vaardigheidsgapings te identifiseer vir doelgerigte intervensie.
Gestruktureerde leiding in poësie, kortverhale en kinderboeke, van jou heel eerste konsep tot 'n professioneel afgeronde manuskrip.
Christel Brooks
Leesterapeut | Skrywer & Stigter
Hallo, ek is Christel Brooks – die stigter van Letter Liefde en ‘n Geakkrediteerde Leesterapeut. Ek het ‘n passie vir geletterdheid, maar my benadering in die praktyk is stewig gegrond in die wetenskap van hoe die brein leer lees. Deur bewysgebaseerde metodes te gebruik, help ek leerders om die klank-tot-simbool kode van taal stelselmatig te ontsyfer. Omdat ek glo ‘n mens moet altyd aanhou groei, is ek tans besig met verdere spesialisasie in Gestruktureerde Geletterdheid.
Omdat leeruitdagings dikwels komplekse oplossings verg, glo ek in ‘n spanbenadering. Alhoewel ek nie ‘n spraakterapeut is nie, werk ek hand-aan-hand met spraakterapeute, oudioloë en opvoedkundige sielkundiges om seker te maak elke leerder kry die spesifieke ondersteuning wat hulle benodig.
Benewens my werk met leesonderrig, strek my pad met taal ook uit na die kreatiewe en praktiese toepassing daarvan. As ‘n gepubliseerde digter (my debuutbundel het in 2023 verskyn) en beoordelaar en mentor vir ATKV-Redenaars, is dit vir my ‘n voorreg om talent te help slyp. Deur ons Skryfskool en redenaarsafrigting begelei ek leerders en skrywers om nie net te weet wát om te sê nie, maar veral hoe om dit met tegniese akkuraatheid en ware selfvertroue oor te dra.